
dans van die rookfee (Brons)
diep in geheimenisse van rooi
flambojant en riskant getooi
skenk hitte geboorte aan kole
gevul met wysheid van vergete skole
onder die fladder van vonkefeë
digterlik vry in hul lugtree
skertsend, heimlike kalmte
te gee aan seilstoel gesante;
diep in die kernpit van kameel
word indigo-rooi in violet verdeel
die rookfee met haar rokkie aan
splinterwals op jóú gedagtebaan
dan langarmdans jou gedagtes
glimlagte trane die hoof verdagtes
verbreed jou grense van verlange
verdeel nog ‘n kool in onthou se gange
© Francois Meyer Mei 2022
3 Kommentare
-
Koos Elsum
Dis ń gedig wat baie vure, gedagtes by my oopmaak. Dankie Net in derde frase die eeste reël is vir my duister “ diep in die kernpit van kameel” wat is kameel ?
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek