Jongste aktiwiteit:

Breinrok

ń flits van lig
die fluister van ń stem
vlek die landskap oop,
en in sagte voue van my brein
stryk die gebeure my geheue
en alles verweef as ń breinkleed

tyd in nano sekondes
bou op na millenniums
wat in taferele saamsmelt,
en in ons geheue verewig;
of verlore raak in digitale rekords
en alles verweef as ń breinkleed

nou gebeure verweef met
herinneringe en legendes
as die weefsels van ons kleed,
en dán kom die mode giere
wat die breinkleed
in flenterlappies
skeur




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed