
sug
soos golwe kraak en breek
oor geel sand strand van my baai
deinende watermassa opstu en vergaan
huislose skulpdiertjies verlate op strand lê
meeue krys en kras oor gruis wat ruis
soutwinde waai van oor horison
kragtige seereuke my omvou
so vou elke nuwe lewensdag
hom ongenooid knoesig
om my soekende siel
brand in my opnuut
jaarringe wat ewig
op my voorkop
sal vertoef
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.