Sneeu storie
Sneeu storie (brons)
Spookasem vlokkies val fluisterend
soos engeltjies wat dans in die wind
blink diamantjies glinster in ‘n kombers
‘n koue gladde glibberige glaskombers
versiersuiker versiering
as winterkoek bedekking
‘n ysmes sny deur murg en been
voetspore staan versteen
takkies geklee in yskristalletjies
gestring met spinnerak pêreltjies.
Januarie winter wonder
sneeu sprokie geskenk van ons Skepper.
C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2025 - OOP projek