prys
jy die beloonde
jy die uitsonderlike beloonde
loof en prys Hom van wie dit kom
jou gesonde hoë ouderdom
verloëning van elke
siekbed
met elke prysie
wat jy langs die pad ontvang
word jou prys daarbo hoër
nie in verdienstelikheid
eerder erkentlikheid
aan die Prysgewer
ken pryse toe
aan almal wat jy ontmoet
maak toekennings aan elke mens
gee meer as wat jy ooit ontvang
want wat jy het- is net genade
onverdiende weergalose seën
©Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.