liefde
saggies blom liefde in my hart
soos affodille wat sag ontluik
anders as suikerbos blomme
wat skerp en stekelrig ontplof
saggies bloei liefde in my hart
soos roosknoppies sonder vog
wanneer aalwyne se blomme
bitter sous verander in nektar
saggies skroei son my liefde
natuurlike verkleuring geset
in kleure van die koring are
wat ryp word en statig troon
saggies verlep my trotsheid
in plooie en verdriet wat net
onthou van tanende sonskyn
oor kelkblare van jeugdigheid
kelkblare wat drupsgewys val
en net kern van lewe agterlaat
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.