Somerstorms
as die winde woedend fluister
en om die hoeke huil
waar die dwarswinde sit en pruil
tot my horison verduister
in die stortvloed van wanhoop vasgekluister
dobberend teen die kuslyn verskuil
tot waar hoop my vrees verruil
en my met vrede kom verbyster
as somerstorms om my woed
en ek begin in die golwe sink
reik ek uit na Jesus se hand
Hy gee my weer nuwe moed
terwyl Hy sy vrede skink
daar los ons ons spore in die goue sand
(C) Jessica Venter
20/2/2025
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek