Kaputilasie van ‘n boer Goud
Somber streel die strale
van die laatmiddag son
oor die wange van ’n boer
smelt die kroes van laatoes roes
as Pasgabloed deur sy psige beur
sug hy dan tevrede wanneer
die laaste sonbloedvlek
oor die verste rante lek
en die skemer skelm
dog skugter –
om sy mure vou
©️ Amanda de Meillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Maart 2025 – OOP projek