Jongste aktiwiteit:

Stippels

nekspiere trek al my rieme vas
stadig bind die knoop
in my oog waarsku
witwolkie stippels
die pyn is nou tuis
in jou voorkop

ek trek eers ń dun verslete deken
dan die dik wit kombers
oor my moeë kop
as die witstippels
winterryp word
in my breinklowe

stippelwolkies waarsku
van yskoue atmosfeer
en as migraine voorloper
maar in vandag se bosveld lug
is die stippels net arende
in vryvlug




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed