Lente se wip (Lente-uitdaging)
Lente se wip (Pendoring Lente-uitdaging)
spring has sprung
soos ‘n meme-haan op vere
soos bo-kant-buurman
se katel sonder klede
en veel minder klere –
bytjies en blomme
warm voëls woel tekere
net soos die were
kom die lewe se voortgaan se rede
met laaste yswind
by waters in vloede
bloeisels se groei onder sneeu
is beloftes soos eiers
in die nes van ‘n meeu
wat openbaar wat bedek was
soos jy elke jaar
so seksie doen
jou mooie korte
onvoorspelbaar
wulpse seisoen
©Charleine Collins (13 September 2018)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.