
Die reine waarheid
Daardie waarheid
waarteen alle verweer
in braak maak
tot by jou hart
verby jou hart
tot in jou siel
verby jou siel
tot daar diep
daar waar jou gees
woon
daar waar jy jou oordeel
skaad
daar waar die stem
die waarheid
praat
nerf af knieë
hoe jy soebat en smeek
vir verlossing
‘n uitkom kans
want jy het nie gevra
hiervoor
die verweer staan op aandag
en kyk jou pal in die oë
dit waarin jy al
vir soveel jare in glo
flits verby jou
hoe kan dit wees
die mure was dan so hoog
gebou
om alles uit te hou
mure wat jare geneem het
om op te rig
is inderdaad
nou net ‘n klug
jy’s ontbloot
die grou daar duskant
gister se nou
terg die duiwels
daar anderkant ‘n afgrond
van foute se blou
kry Hy jou
op die vloer
van jou gees
gestroop van alles
in vrees
Hy tel jou sorgvuldig op
omvou jou met Sy liefde
en beskerming
en jy voel
jou gees is gered
nou kan Sy oorvloedige
seën oor jou rus
mure van geloof
is jou wapen
en die vyand
beroof
jou nie meer
jy’s verlos
en wandel
in die Huis
van die Here.
Chantelle Holder
29 Oktober 2015
© 2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.