Jongste aktiwiteit:

Geloof wat werk (Meet Him in the Valley)

stil het ek geword
my God diep ingewortel
in my binneste gegrond
aan woorde vasgevang in die woord

vyftien jaar langer vir Hiskia
my vraag, Here is dit my boodskap?
as dit is Jesus dan glo ek dit
met my hele hart vasgevang aan tyd

in my liggaam breek ń vuurwarm gevoel
en die blydskap en vreugde oorspoel my
want in ń kortstondige oomblik van besef
GOD IS MET MY en weet ek vir een oomblik

my gebed in Jesus is verhoor
en die besef van ń verhouding met God
is die beste geloof ooit wat werk
en ek spreek lewe by ander

glo en vertrou want dit is wat God vra
en my glo daarin het my nou gebring
by drie en twintig later van gesondheid
en nog nooit ooit weer gewees

in die spreekkamer van dokters nie
Jesus doen steeds wonderwerke
glo en weet en vertrou
is die beste medisyne

in Jesus lê daar genesing
en aan God al die eer

©️Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed