Jongste aktiwiteit:

oneindigheid

 

 

die heelal is oneindig groot

die pad na faseruimte is oneindig klein

jou nuldimensionaliteit besit geen ruimte

daarteenoor die oneindige beweeglikheid

van God se skeppingsheelal waar ruimte

elke oomblik oorvloedig gebeur

 

verleng een haarbuis

van hier tot in die buitenste ruimtes

dan bevat dit onberekenbare volumes lug

gaan op reis van hier tot by ‘n atoom

reis jy byna onmeetbare afstande

sonder om daar te kom

 

byna onwerklik is die oneindigheid

van ons Skepper se wysheid en liefde

die begrip van Sy alomteenwoordigheid

Sy almagtigheid en lewende werklikheid

daarin lê die enigste definisie

van werklike oneindigheid

 

© Tearlach.

(Faseruimte is ‘n aaneenlopende ruimte wat ‘n oneindige aantal afsonderlike fisiese toestande binne enige klein gebied bevat.)

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed