oneindigheid
die heelal is oneindig groot
die pad na faseruimte is oneindig klein
jou nuldimensionaliteit besit geen ruimte
daarteenoor die oneindige beweeglikheid
van God se skeppingsheelal waar ruimte
elke oomblik oorvloedig gebeur
verleng een haarbuis
van hier tot in die buitenste ruimtes
dan bevat dit onberekenbare volumes lug
gaan op reis van hier tot by ‘n atoom
reis jy byna onmeetbare afstande
sonder om daar te kom
byna onwerklik is die oneindigheid
van ons Skepper se wysheid en liefde
die begrip van Sy alomteenwoordigheid
Sy almagtigheid en lewende werklikheid
daarin lê die enigste definisie
van werklike oneindigheid
© Tearlach.
(Faseruimte is ‘n aaneenlopende ruimte wat ‘n oneindige aantal afsonderlike fisiese toestande binne enige klein gebied bevat.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.