Vrye vertaling van Giovanni Capurro se: “O sole mio”
hoe pragtig is ‘n sonskyn dag
die lug so kalm na die storm,
die lug so vars dat dit voel soos ‘n fees
hoe pragtig is ‘n sonskyn dag
maar ‘n ander son wat veel beter is,
weerkaatsing van my son op jou gesig
die son, my son, skyn op jou gesig
dit skyn op jou gesig
wanneer nag kom en die son gaan onder,
voel ek soms melankolies
dan staan ek onder jou venster
wanneer nag kom en die son gaan onder
maar ‘n ander son wat veel beter is,
weerkaatsing van my son op jou gesig
die son, my son, skyn op jou gesig
dit skyn op jou gesig
© Teàrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.