Waar die wind my vind #silwer
Waar die wind my vind
Gestroop
van tak en blaar
vervreemd.
het ek,
my identiteit,
verloor.
Soos herfsblare
skarrel,
dwarrel
en val
na benede.
Bly lê…
In ‘n stil stroompie
vloei ek verder
en verder
verder weg van wie ek was.
My gewoontes,
my taal,
my kos,
my tyd.
Alles anders…
Die reën is koud,
die son is koud,
die see is koud,
en my hart… yskoud.
‘n Warrelwind sluk my in
gee hoogte
gee visie
gee berusting.
Ek klim,
ek struikel,
ek trotseer.
Om myself
my doel
my wese…
opnuut te vind.
Christa Diederiks ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.