Spoke op die trein
Spoke op die trein
Soos die geraas-van n trein, woel my binneste.
Rus vir my siel is die minste waarvoor ek vra.
In elke kompartiment van my siel, sit die trein gepak vol spoke.
Stemme van jare gesels hier in my kop, sonder stilte sonder skaamte.
Sak en pak asof hulle nog hier hoort, reis die spoke van gister, saam op die trein sonder stasie of ander stop.
Lankal reeds het die trein ontspoor steeds reis die spoke van gister voort.
Stasie van gemoedsrus, hoe vêr gaan hierdie rit nog wees.
Waar laai ek my tas van gister af, vat tog net jou spoke saam.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.