Gesig van gister
Gesig van gister
Ek kyk terug. in die lewensspieël, hoe het ek iou só verniel?
Jonk, sagte mens uit jou maag kon jy lag. Liefde gee was jou plesier.
Swaar lyne rus nou op ons gesig jare later, in die waarheidsvenster.
Ek kyk na ons beeld en vra. waar het alles verkeerd gegaan?
Lewenslank was jy altyd daar, my onskuld het jy bewaar.
Na soveel gevaar het ons tog die pad tot hier gemaak
Keer op keer verdwaal, maar jy het my nooit verlaat.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.