Glinster tussen die krake
Glinster tussen die krake
Patrone van eens water, nou ’n pan vol skilfers.
Stilte breek deur die geluid van kraak.
In ’n gekraakte wêreld blêr stemme van gister soos die krake onder my.
Dor en verlore lê ’n teken van water nou verlore.
Daar, doer in die gekraakte wêreld, glinster ’n groen grassie tussen die krake.
Dorre wêreld, hoe gekraak, iewers bly daar tog iets om voor te werk.
© Ryno, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.