pro
haai, pro
jou ondersteuning
word waardeer
elke woordjie
van aanmoediging
word baie deeglik gelees
jy bly ‘n kundige leser
waardeerder van gedagtes
van mensedrome
in gedigte en paragrawe
al lees jy dan net
weet ek jou hart lê reg
jou binneste vorm
sy eie gedagtes
in kontra
met die
sleg
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.