Sonneblom
Sonneblom
Deur: Ryno du Plessis
Kop om hoog, maak nie saak waar jou voet mag staan.
Omstandighede traak jou nie. Hou jou kop omhoog na Hom wat die son vir ons bring.
Winde kan maar waai, storms mag maar woed. Jy staan vas, vol moed.
Nie net ’n blom nie—uit jou word ons gevoed, dier en mens.
Tog leer ons by jou dit wat ons moet.
Hou jou kop omhoog, maak nie saak wat in die lewe woed.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.