
Fnuikend
Waar die Here
reendruppels rasper
en die maan soos ñ
melkkak
grimasse maak
en dan op haar
louere rus
het ek jou begin
mis
Want soos
herfsstorms druis
uit dié hemelkreek
en grynsende wolke
yl weg
is my hart stukkend
gebreek.
Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
23 November 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.