Kerk blaas
Kerk blaas
Deur: Ryno du Plessis
Vroeg Sondag môre is ek op. Drink ’n koffie vir ’n bietjie skop.
Loop gou my laaste draai, daar begin die lawaai.
Ons is laat, dankie tog ek dien nie op die kerkraad.
Gemeente sit, kerk is stil. Almal weet ons gaan nou begin.
Prys van laat is die sitplek heel voor. Reg voor die koor.
Prediker staan voor, ons sit weer. Waarom tog heel voor?
Mens kan ’n naald hoor val, jy maak my mal.
Al waaraan ek kan dink is my nood wat knyp.
Gaan ek bly sit of wil die predikant eers bid?
Met ’n benoude stap loop ek maar gou my draai.
Net betyds—dit was amper ’n groot tamaai.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.