Deure van hoop
Deure van Hoop Deur: Ryno du Plessis
Toegeklap — ’n groot, swaar houtdeur.
Die weg na hoop bly gesluit.
Ek klop al harder, my kneukels al seer.
Hoeveel wil die lewe my dan nog leer?
Stilte hang… waarheen nou?
Wat is die Here se lewensplan vir my?
Verder dwaal ek in strate van verlange, soekend na nuwe hoop — iewers net ’n plek soos huis.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.