Jongste aktiwiteit:

Skuite in die hawe

Skuite in die Hawe

Deur: Ryno du Plessis

Soms wens ek die lewe was ook groot.

Sou ek maar net ’n skip kon wees— as skuit voel ek net te klein.

Soveel om te besluit, keuses hang soos meeue om die kaai.

Soms probeer ek net die beste opsie raai.

Hier in stilte waar die water golwe, sit ek en my hart belowe. Skuite bring ook vis, ken die see gewis.

Om ’n skip te wees het soveel meer om oor te vrees.

Al voel jy ook hoe klein, op die lewenssee sal almal wees. Jy hoef niks te vrees nie.

’n Skuit in die hawe beteken niks as hy nie vaar.

Al voel die see ook hóé rof— jou bes is goed genoeg.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed