Jongste aktiwiteit:

Lappies legkaart

Lappies Legkaart

Deur: Ryno du Plessis

Stukkie vir stukkie het jy aan my gebou. Eers my glimlag, toe die lewe in my oë.

Jy het alles gebou in die heel beste van jou vermoë.

Jou perfekte beeld wou jy graag bou. Niks van wie ek is wou jy behou.

Alles altyd beter, kom speel jy lewensredder in my wêreld eens genoeg vir my.

Soos ’n lappies legkaart pak jy my, tot daar van myself niks oorbly.

Die laaste stukkie het gekort en dit was ons slot.

Die perfekte prentjie het ineen gestort.

Sou jy my net myself laat wees, was ek meer as die beeld wat jy wou lees.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed