dae
–
somer is verby
herfs het verby gesleep
winter kom droog aangewaai
die see, branders en gety
gaan aan met brom
–
‘n leeftyd het verloop
grootword het gekom en gegaan
ouderdom steek sy slote en bulte uit
die lewe het geen keer
lewe vervang leef
–
©Teãrlach
Silwerklas
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek Jy het reeds gevorder tot Silwerklas Charles