Woorde en gebare net te laat
Woorde en Gebare Net te Laat
Deur: Ryno du Plessis
Gister was almal se monde vol oor alles wat ek verkeerd gedoen het.
Al het ek hoe hard probeer, kon niks die skinder keer.
Paaie het ek geloop, geworstel met my eie seer en sonde.
Soms was ek opgewonde, gedroom en geleef.
Soveel het gebeur, keuses gemaak, dinge beleef.
My dade en my sonde het aan my gekleef.
Vandag is ek weg, vir ander is dit baie erg. Party probeer die gedagtes wegbêre.
Mooiste woorde vloei, trane dra by tot die gevoel. Mense van lank gelede sit ook hier op ’n stoel.
Sou jou mooi woorde net een dag vroeër kon wees, jou gebare toe ek nog kon wees.
Mag vandag se graf jou twee keer laat dink.
Môre staan jy dalk weer by ’n ander graf met dieselfde:
“Het ek maar net…”
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.