brood
brood is soos grond
een se brood, is die ander se dood
sonder grond, egte oorerflike grond
bestaan ’n volk net van hand tot die mond
grond in die hand van ’n egte landbouer is goud
grond in die hande van die afslaers en politici is gif
so kry ons ook die brood van die ewige lewe
die Woord, is soos grond, die hoeksteen
waarop ons alles vasmaak en bou
trek jou sokkies op, ou vriend
kyk deur jou skrefies oë
kyk na bo, en bid
op jou knieë
breek die
brood
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.