Strate deur ou fotorame
Strate deur Ou Fotorame
Deur stof en sand, oor heuwels en rand, stap ek deur die strate van ou fotorame.
Stories vasgevang teen mure. Ander reeds begrawe diep in grafte. Nog net ‘n voetspoor van onthou.
Foto’s dof. Stemme al vaag. Iewers bly herinneringe steeds vasklou.
‘n Goeie lag kan ek onthou.’n Trane-spoor saamgepik.
Party foto’s laat my weer hardop dink.
Tog dra almal dieselfde storie hier in ou fotorame.
Na geluk en vrede het almal gesoek.
Party het afgedraai, swaar gekry en weer omgedraai.
Ek vee die stof af langs die pad en luister na die stories hier in ou fotorame.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.