Jongste aktiwiteit:

Teerheid

Teerheid

Bewuste teerheid is by die mens, maar
is instinktief by die dier en gewaar die
hen ‘n valk in die lug bo hulle sirkel gee
sy ‘n enkele waarskuwende kloek en al
die kuikentjies kruip onder haar vlerke in – – –
Jerusalem, Jerusalem,
hoe dikwels wou ek jou kinders bymekaarmaak
net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke
bymekaarmaak, en julle wou nie!
Tere aanraking kom nie net van fyn versorgde
hande nie, hulle is soms hard en meedoënloos – – –
Harde wekershande is ook teer en kan saggies
oor ‘n wang streel en ‘n babatjie aan die slaap
sus en ‘n donsige kuikentjie of voëltjie sag in
die holte van sy hand hou – – –
Teerheid is ‘n innerlike ingesteldheid en straal
uit die oë en hele wese in sagte aura omhul – – –
Niks oortref ‘n moeder se sagtheid met haar
babatjie aan haar boesem nie en God sê
hartseer van sy wederstrewige volk Israel:
Kan ‘n moeder haar suigling vergeet?

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed