Jongste aktiwiteit:

Ek soek vreugde

Ek Soek Vreugde
(Jy moet vrolik wees voor die aangesig van die
Here jou God oor alles wat jy jou hand aan slaan) Deut12:18
Ek is moeg vir al die daaglikse ellende
van dwelmverslaafdheid,
huweliksontrouheid,
liefdeloosheid en al
die hartseer, afskeid, siekte en dood
dag vir dag vir dag vir dag – – –
Ek soek ‘n slag vreugde, vreugde en
nogmaals vreugde in geskrifte en
in die daaglikse stroewe omgang – – –
Lag is dood en vreugde terminal en
mens raak bedruk onder uitsiglose
gejammer en gekla want iewers moet nog
redes wees tot blymoedige vreugde en lag – – –
Wees maar net vrolik het die Here vir die
Israeliete ‘n paar keer in die woestyn gesê
en daar was weinig om oor vrolik te wees – – –
O, die sorgelose vreugde van ‘n kind!

Janetta – Helena [Babs]©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed