tempora
gedagtes is die verfkwas van woorde
woorde wat sinne maak in gedigte en strofes
kragtige geskiedkundige woorde wat immergroen
deur eeue se geskiedenis woed in mensegemoed
woorde met net die regte mengsel en krag
wat vassteek in kulture en ideologieë
weerklinkende waarhede geskilder
op die verfesels van kunstenaars
ewig gevestig in die breinselle
van taalkundige lesers
romantici en gewone
burgers van ‘n
beskawing
wat homself
in tempera
virewig
© Tearlach.
(Tempera is ‘n antieke skildertegniek waar fyn poeierpigmente gemeng word met ‘n wateroplosbare bindmiddel—tradisioneel eiergeel. Dit is ‘n vinnigdroogende, ondeurskynende medium met ‘n helder, mat afwerking wat eeue lank hou.}
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.