buitelyne van grond
ek onthou nie straatname nie –
net stof teen my enkels
rooibruin grond wat brand en losmaak die veld woon in my are
geel gras fluit deur bottelnek-lug
vergete vokale in die wind die Khan lê oop in skemer
bobbejaan-spieëls breek lig
erongoberge skuif hul buitelyne die lug rek blou - stil ek is kind van wind en grond
sonskyn, sout in my mond @marthamariajones
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2026 – STREEK/OMGEWING projek