Jongste aktiwiteit:

ñ Ma bly n ma

‘n Ma bly ‘n Ma

Kalkkliphuis in die onderdorp.

Daar het die houtkappers tuisgegaan.

Maria, ma van vele.Almal se kinders het nes geskop onder haar dak.

Kommer in haar oë, seer spreek boekdele.

Hierdie was haar lewe. Sy kom uit die dae van dagpas, maar klou steeds aan mooi herinneringe vas.

Bediende was haar werk, maar vir baie was sy veel meer as net ‘n huishulp.

Kinders het sy help grootmaak, hulle geleer om hul veters vas te maak.

Jare het gevlieg. Die tyd voel soms so bedrieg.

Steeds hang die foto van jare terug teen haar muur.

Elke dag bid sy dat God haar kinders sal bewaar.

By haar eie huis vee sy stilweg ‘n traan af.

“Ai Here…

Wanneer gaan my kinders leer om dit wat ons het te waardeer, die drank te los en U te eer.”

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed