Foto’s in my gang
Foto’s in my gang
Op die koppie sien ek hom staan. Die Engelsman met sy bofbalpet, kakiebroek en -hemp. Swart kruisbande.
Mooi versorgde hande. Amper soos ’n tydskriffoto.
Bergtoppe agter hom, perfekte foto vir ’n raam.
Ek groet en stel voor om ’n foto te neem. Dit was regtig mooi.
In gebroke Afrikaans vertel die man ’n storie skrams.
Die mooiste foto in ’n raam is die storie wat die foto vertel.
Sou foto’s teen ’n muur kon praat, sou ons iets by daardie foto’s baat.
Vandag hang die Engelsman se foto eerste in my gang.
Ek kyk na al die foto’s, geraam. Party klein, ander groot.
Hier in my gang is foto’s wat lag, ander huil, en dan dié wat gedagtes ontvoer en my laat dink oor my eie heil.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.