Jongste aktiwiteit:

Tyd

 

 

sekondes, minute, ure, dae en jare

tyd is ’n ewigheid om te verstaan

gister was ons jonk en ongepoets

vandag is ons oud en vol plooie

al wat van tyd waarheid is

is dat dit verbygaan

en nooit stilstaan

ding – dong

lui die klok

een uur

twee uur

drie uur

tot by twaalf

en dan weer terug

bou die klanke

ewig die brug

tussen

gister

vandag

en mộre

 

© Tearlach.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed