Die voëlverskrikkers
Die voëlverskrikkers
Op ‘n landgoed net buite die dorp eensaam staan ‘n huisie van klip en klei.
Hier en daar probeer iets groei, mielies en pampoen, om meer presies te wees.
Kolletjies wilde hoender en duiwe sonder pos kom skrop hier alles los.
Die kraaie aas die laaste krummels wat die ander voëls sou los.
Omdat geld nie in hul huisie praat nie, het hul baie name by die dorp se “brode” geërf.
Krummel bly maar krummel.
Al mag hul lyk soos iets wat voëls wegjaag, het hierdie gesin wat die meeste mense rond sou jaag…
‘n Bietjie op die tafel, maar ‘n hart wat oorloop van liefde en ‘n hand wat seën.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.