Jongste aktiwiteit:

Kinders van Afrika

Kinders van Afrika

 

Draadkar in die hand,

kaalvoet hardloop hul

oor klippers en rand.

 

Met min is hul tevrede,

dra skaars behoorlike klere.

 

Soms vra hul net

’n broodjie

of ietsie vir die maag.

 

Nog bitter klein,

stap hul ver

spore van sinkhuis

tot by die skool

onder die groot ou bome.

 

Kinders van Afrika

sal hul bly,

die natuur en grond

loop in hul bloed en are.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed