Jongste aktiwiteit:

Liefde laat groot manne val

Liefde laat groot manne val

Leon Bossof, elke pa se vrees. Hul dogters mag nooit naby die man wees.

In die kroeg het hy geboer, rokkies het hy gejag plaas van bokkies.

Daardie aand kuier Hester, met die groot bril en mollige middel, by haar neef, ou Seef.

Die nooientjies het gehang om die verbode man, maar hou Hessie gee vir hom net die  amder wang.

Leon het sy hart verloor op die meisie wat hom bekoor.

Alle geite het hy laat staan om die ja-woord in sy guns te hoor.

Ou Seef sê dit was die laaste sien van Leon by die Blink Kantien.

Nadese is hy pa van ’n seun so stout soos tien.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed