boerse liefde
goue lokke van jou hare in sonneskyn
soos sagte ryp wat oor die velde rus
deur my growwe hande ‘n stille kus
op die vrede wat in jou glimlag skyn
wind dra die geur van soet koring
dan sien ek in jou dat jy my vertrou
in jou oë vind ek die ewigheid blou
wat einde aan my onrus en twyfel bring
nooi van die boomryke laeveld rand
met jou is my hele wêreld in harmonie
hou net vas aan my ruwe boerehand
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.