Jongste aktiwiteit:

Nuwe Lewensjaar

Nuwe Lewensjaar

Ek droom my toekomsdrome
laataand voor die kaggelvuur wyl
vlammetonge vuurdans en lug lek—
Kom Happiness, kom ons
gooi die dice,
skommel die kaarte,
gooi die dolosse,
laat lees die handpalms
en vra wat hou die nuwe lewensjaar in
en wat sê die geluksgodin—
Ek vra vir gesondheid, en om steeds
te kan loop sien en ‘n helder verstand
om ‘n goeie kwaliteit lewe te handhaaf—
Ag Happiness, ons weet dis alles onsin en
stom dooie materie sonder siel en verstand —
Ons bid dit alles van ons Skepper Heer
wat drome en verwagtings waar kan maak
in ons verborge nuwe lewensjaar—

Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed