WIE SAL VRA?
Wie sal na jou vra as stof tot stof en as tot as
sy tolgeld vra en jy die prys betaal ?
Miskien die wind wat soos ‘n kind
plesiertjies in die stoffies om jou voete vind ?
Miskien die reën met ruimte in sy hangmat vingers
wat saamsmelt met die bitter afskeid van die jeug ?
Miskien die son
wat soms in hierdie winterslewe ons sy hitte leen ?
Maar niemand luister na jou woorde
niemand sien die krake in jou oë
totdat die uurklok se langarm omrol
en nog ‘n lewe uitgeklad word
op die lewe se skeppingskalender
…En lê jy stukkend, gebroke aan hul voete
kyk jy op en sien jou naaste se voete
is ook gemaak van klei…
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Mal hieroor... dis pragtig!