Elke keer …
elke keer as ek na jou gesig kyk
oorweldig die emosie my
elke keer as ek jou hand vat
wil ek vir altyd by jou bly
elke keer as ek in jou oë kyk
en jou liefde kan ervaar
elke keer wat jy my laat lag
weet ek die konneksie is daar
elke keer wat ek langs jou sit
en jy my menswees omvou
elke keer wat ek jou sien glimlag
weet ek, ek het geluk gevind by jou
elke keer as my hart begin tuimel
en in jou siel ‘n lêplek vind
weet ek ons is deur die sterkste emosie
naamlik liefde, aan mekaar verbind
© borrels
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
boprrels jy slaan my asem weg met hierdie ene