Jongste aktiwiteit:

Eendag Op ‘n Reëndag

Eendag Op ‘n Reëndag

Ons rym graag eendag op ‘n reëndag
maar die onbepaalde woordjie eindig op
‘n verborge bepaalde spesifieke dag en
is afwagtend gegrif in ons onderbewussyn —
Jy lag en is vrolik, vier fees en geniet
die goeie in die lewe maar jou onsigbare
metgesel eendag is altyd aan jou sy—
Daardie onbepaalde verborge eendag se
bepaalde dag en datum manifesteer
skielik met stempel en visa vir jou reis
na die anderkant want eendag het sy
keerdatum bereik met die volheid van
jou tyd wyl jy vrolik feesvier op die beste
wetende die woordjie eendag lê onrustig
op die bepaalde vervaldag en wag diep
gegrif in elkeen se onderbewussyn—

Janetta – Helena [Babs] ©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed