Jongste aktiwiteit:

Elke keer …

elke keer as ek na jou gesig kyk
oorweldig die emosie my
elke keer as ek jou hand vat
wil ek vir altyd by jou bly

elke keer as ek in jou oë kyk
en jou liefde kan ervaar
elke keer wat jy my laat lag
weet ek die konneksie is daar

elke keer wat ek langs jou sit
en jy my menswees omvou
elke keer wat ek jou sien glimlag
weet ek, ek het geluk gevind by jou

elke keer as my hart begin tuimel
en in jou siel ‘n lêplek vind
weet ek ons is deur die sterkste emosie
naamlik liefde, aan mekaar verbind

© borrels




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed