Donker swerftog
Waar branders witperd oor my ry
gooi ek my woorde vir die wilde wind
trap my doekvoet spore in growwe sand
wat pynlik soos konkavure brand.
Sou ek wou weghardloop –
net stil verdwyn.
Sal jy my kom soek
onder die lae en lae van kommer
wat dreig om my te verswelg
soos die hitte van ‘n somersdag.
Deur troebel water hang ‘n verlepte algeblaar
en smeek ek opnuut vir ‘n Engelskaar,
ook ‘n helder sonstraal
om die pad oop te kerf;
my tog net ‘n wyle te bewaar
dat ék kan ophou
om in donker te swerf.
©Anzé Bezuidenhout
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
hierdie pragwerk verdien beslis 10 goue sterre