Blou hortjie seehuis
Lê jou lyf
langs my neer
Fluister vir my
wat jou hart begeer
By ons blou hortjie seehuis
Wil jou hart toedraai
in ‘n Bergtee-bossie serp
My vingers
sag streel oor jou nek
Arbei druppels
op jou lyf
Smeer oor my lippe
terwyl ek in jou oë wegdryf
By ons blou hortjie seehuis
Die wind streel sag
deur jou hare
Stryk my hartsnare
Met jou liefdes melodie van
laventel en roosblare
Bubblegum pienk
By ons blou hortjie seehuis
Wil die skadus
uit my verlede vastrap
Met stofspore vas
teen ‘n grondpad
Jou glimlag spoel
‘n nuwe gevoel
‘n Vars begin
‘n nuwe seisoen
By ons blou hortjie seehuis
Jy maak my stad
platteland
My lawaai stil
donker verdwyn in die vêrte
Jy gee my drome vlerke
Vier seisoene
kleure smeer
Verf spatsels
‘n nuwe begin
se kleur
Groen, blou
My horison met jou
2 Kommentare
-

Inkmoderator
Blommie, is 'n liefdesvers waarin jy besonderse beelde gebruik. Ek sou voorstel jy maak nie gebruik van hoofletters in nuwe sinne as die voorafgaande nie met een of ander leesteken eindig nie, 'n Paar ekstra lidwoorde op die regte plekke sou kon bydrae tot die ritme in jou vers, Dit lees effe kripties op sekere plekke sonder die hulp daarvan. Jy kn gerus hieraan skaaf en vir my 'n inboks stuur vir verdere leiding as jy so wou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Ai Blommie! (glimlag) dankie vir jou Oktobermaand inskrywing hoor.