Jongste aktiwiteit:

aangaan

 

soos jy aangaan

gaan jy spoedig onder

die kluite wees

 

na baie jare

is om aan te gaan alles

net om te leef

 

elke dag ‘n geskenk

waarvoor jy dankbaar voel

dalk selfs beloon voel

 

ouderdom is gelyk

aan baie onverdiende genade

selfs met ‘n sterk selfbeeld

 

na jou hartomleiding

pasaangeër en ander operasies

is jou aangaan rieël

 

in jou “Oom” wees

lê daar dikwels respek

selfs effe afguns

 

hoe lank nog

hoe ver wil jy dan nog sien

gaan aan, verdien

 

mag jou aangaan

sag verander en oorgaan

in oneindige droom

 

Ó Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed