Adam
ek mossiekind kyk op na U hand
om my daaglikse brood te ontvang
soos ‘n lewerik sing ek keelluids
prys ek U heilige naam
U praat met my
U wat my elke haar tel
laat my met U wandel
In die koelte van die dag
voel ek U heilige teenwoordigheid
In die snerpte van die dood
vou U my toe in U liefdeskombers
U beskerm my teen die bose
uit die hitte van die helse vuur
red U my
U vergewe al my sondes
700 x 70 en meer
U het my U seun gegee
hoekom o God
bly ek dan Adam…
©Evanthe 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Let asseblief op die reël van slegs een krit/opleidings inskrywing per week. Groete IM